Hoërskool SA van Wyk in Namakwa vier ’n besondere prestasie nadat sy debatspan, bestaande uit Conwill Cloete, Shanice Horneman en Jordan-Lee Saal, ’n uitstekende derde plek by die Provinsiale Padveiligheidsdebat in Upington behaal het. Die span het die skool met selfvertroue en sterk redenaarsvaardighede verteenwoordig. In verdere goeie nuus is Conwill Cloete gekies om deel te vorm van die nasionale span wat die Noord-Kaap by die Nasionale Padveiligheidsdebatte in Pretoria sal verteenwoordig.