Namakwa-polisie het twee verdagtes in afsonderlike intelligensiegedrewe operasies in Vioolsdrift en Pella in hegtenis geneem. Die operasies is op Donderdag 11 September uitgevoer nadat die polisie inligting oor vermeende dwelmhandel ontvang het.
In Rooiwal, Vioolsdrift, is dagga ter waarde van sowat sewe-duisend rand, asook ’n onbekende bedrag kontant, beslag gelê. ’n 38-jarige man is in hegtenis geneem.
In Pella is ’n 33-jarige vrou gearresteer nadat dagga ter waarde van meer as 67-duisend rand, identiteitsdokumente en bankkaarte tydens ’n operasie gevind is. Sy staan ook tereg op ’n aanklag ingevolge die Nasionale Kredietwet.