Die Africa Green Hydrogen Summit fokus op die ontsluiting van Afrika se potensiaal vir groenwaterstof, wat van besondere belang vir die Noord-Kaap is. Die provinsiale span is ook besig om steun en befondsing van potensiële beleggers te verkry. LUR Venus-Blennies Magage en die uitvoerende hoof van NCEDA, Shawn Modise, neem aan ’n paneelbespreking oor vaardigheidsontwikkeling deel. Die gesprekke is daarop gerig om vennootskappe te vorm wat die Noord-Kaapse provinsiale regering kan ondersteun in sy pogings om werkloosheid te bekamp en vaardigheidsontwikkeling te bevorder.