Die Namakwa Distriksmunisipaliteit (NDM) het hulde gebring aan die nege vroue wie se liggame in Ekurhuleni, Gauteng, gevind is, en solidariteit uitgespreek met vroue wat deur geslagsgebaseerde geweld (GGV) geraak word. Werknemers het swart aangetrek en aan ’n gebedsgeleentheid deelgeneem, waar daar deur gebed en sang oor die tragiese verlies besin is. Die geleentheid het NDM se verbintenis beklemtoon om teen GGV uit te spreek en veiliger gemeenskappe te bevorder. Die boodskap was duidelik: Saam bid ons, saam staan ons en sê ons nee vir GGV.