Die Noord-Kaapse Premier, dr. Zamani Saul, het gister by die Minister van Verdediging en Militêre Veterane, me. Angie Motshekga, en die Adjunkminister, generaal Bantu Holomisa, aangesluit tydens ’n spesiale afskeidseremonie vir 2 569 rekrute. Die rekrute het deel gevorm van die gesamentlike basiese militêre opleidingsprogram by 3 SAI in Kimberley. Motshekga het die rekrute alle sterkte toegewens en hulle aangemoedig om gefokus te bly en met hul studies voort te gaan. Die rekrute sal nou na hul onderskeie poste binne die SANDF ontplooi word.