Die LUR vir Sport, Kuns en Kultuur, saam met Richtersveld-burgemeester, raadslid Cornell Knoph, en ander hooggeplaastes, het die nuwe veeldoelige sportbaan in Lekkersing amptelik geopen. Die fasiliteit bied geleenthede vir die gemeenskap en maak voorsiening vir ses sportsoorte, naamlik netbal, basketbal, sokker, tennis, vlugbal en krieket. Die LUR het aangekondig dat die departement binne drie weke na Lekkersing sal terugkeer om ’n toernooi aan te bied. Sporttoerusting en -drag vir die verskillende sportsoorte sal tydens die toernooi voorsien word.