Khâi-Ma Munisipaliteit doen ’n beroep op inwoners van Pella, veral Rooiklippe, om nie grond onwettig te beset, op te eis of sonder goedkeuring te ontwikkel nie. ’n Gedeelte grond in Rooiklippe is vir die oprigting van ’n skool geïdentifiseer. Die munisipaliteit vra inwoners om die proses te respekteer en die grond beskikbaar te hou. Die beoogde skool sal ’n belangrike bydrae tot onderwys en die toekoms van Pella se kinders lewer.