Graad 9-leerders van Hoërskool Concordia het Maandag, 19 Oktober 2026, die skool se weeklikse byeenkoms behartig. Mia Muller het ’n inspirerende boodskap, “Jy is nie agter nie, God is nog besig met jou”, gedeel en leerders aangemoedig om op hul eie lewenspad te vertrou. Die byeenkoms het ook erkenning gegee aan leerders wat vanjaar aan verskeie distrik- en streekproewe deelgeneem het. Die skool het hulle gelukgewens met hul deelname en toewyding.