Die LUR vir Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Venus Blennies-Magage, het die Khâi-Ma-vaardigheidsontwikkelingsprogramme in Pofadder amptelik bekend gestel. Altesaam 587 voornemende leerders van Pofadder, Pella, Onseepkans, Aggeneys en Witbank het belangstelling getoon in opleiding in bestuur, sekuriteit en basiese rekenaarvaardighede. Die inisiatief word ondersteun deur TNC Mining, Vedanta Zinc International en Steinweld. Die mynmaatskappye sal ook rekenaars voorsien vir ’n opleidingsentrum in Pofadder, met die doel om plaaslike inwoners se vaardighede en ekonomiese geleenthede te bevorder.