Die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit het Marigolds Rugbyspan gelukgewens met hul oorwinning in die A-liga. Die burgemeester van die Kamiesberg Munisipaliteit Me. Nero, het die span se harde werk, dissipline, spanwerk en deursettingsvermoë geprys. Die prestasie is beskryf as ’n bron van trots en inspirasie vir die gemeenskap, veral jongmense. Spelers, afrigters, bestuur en ondersteuners is bedank vir hul bydrae tot die sukses. Die burgemeester het die span aangemoedig om voort te bou op dié prestasie en steeds met trots, nederigheid en sportmanskap te speel.