Die Kantoor van die Verbruikersbeskermer, in samewerking met die polisie en gesondheidsinspekteurs, het tydens ’n operasie in Augrabies twee winkels weens gebrekkige dokumentasie gesluit. Vervalde en herverpakte produkte is gekonfiskeer, terwyl ’n buitelandse burger in hegtenis geneem is nadat gemeenskapslede se identiteitsdokumente en bankkaarte in sy besit gevind is. Die span het ook onbillike bykomende kostes vir elektroniese betalings aangespreek. Die operasie vorm deel van pogings om verbruikers te beskerm en wettige handelspraktyke te bevorder.