Die 2026 Bokkie-Oscars was ’n besondere geleentheid waartydens leerders se uniekheid en Bokkie-trots gevier is. Tristan van Zyl en Tatiana Richards is onderskeidelik as Prom King en Queen aangewys. Die aand het ook die laaste funksie van die Gekoöpteerde Raad van 2026 gemerk. Kunstenaars Chris-Marie Nöthling, Tatiana Richards, Cindy Cloete, Keanan Kok en Lenaschka Isaacs het vir vermaak gesorg. Skyno-Decor het die dekor behartig, terwyl StudioCC Photography die spesiale oomblikke vasgevang het.