Die LUR vir Sport, Kuns en Kultuur, Mangaliso Matika, het ’n beleefdheids- en toesigbesoek aan die gemeenskapsbiblioteek op Eksteenfontein in die Richtersveld gebring. Hy is vergesel deur Avron Thomas, Namakwa-distriksbestuurder van die Departement van Sport, Kuns en Kultuur, en Cornell Knoph, burgemeester van die Richtersveld Plaaslike Munisipaliteit. Tydens die besoek het die afvaardiging ook met plaaslike sportklubs geskakel en sporttoerusting geskenk om sportdeelname en ontwikkeling in die gemeenskap te ondersteun.