Die Khai-Ma Munisipaliteit doen ’n dringende beroep op Pella-inwoners om water spaarsamig te gebruik te midde van ’n ernstige waterkrisis. Hoë wateraanvraag en oormatige verbruik beïnvloed die watertoevoer en waterdruk, veral in hoërliggende gebiede. Inwoners word versoek om voorlopig nie JoJo-tenks en swembaddens op te vul nie, krane toe te draai en water slegs vir noodsaaklike huishoudelike behoeftes te gebruik. Die munisipaliteit ondersoek moontlike oplossings en vra die gemeenskap se geduld en samewerking.