Die Departement van Paaie en Openbare Werke het die beplande program vir die skraap van gruispaaie in die Noord-Kaap se vyf distrikte bekend gemaak. Die prioriteitsroetes sal hoofsaaklik gedurende November, en in sommige distrikte tot Desember, aangepak word. Die program kan egter weens swaar reën, oorstromings, meganiese probleme of dringende padinstandhouding verander. Die departement vra padgebruikers en gemeenskappe se geduld en samewerking terwyl daar gewerk word om padtoestande, veiligheid en toegang te verbeter.