Die Noord-Kaapse Departement van Gesondheid het 14 gesondheidswerkers uit al vyf distrikte gelukgewens met die suksesvolle voltooiing van ’n intensiewe, drie maande lange Opleidingsprogram in Veldepidemiologie (FETP). Hulle vorm die eerste groep gegradueerdes van dié opleidingsinisiatief in die provinsie. Die opleiding is daarop gemik om siektesurveillance te verbeter, vinniger op siekte-uitbrake te reageer en bewysgebaseerde openbare gesondheidsintervensies in plaaslike gemeenskappe te versterk.