Die Noord-Kaapse Departement van Gesondheid se vrouegesondheidsuitreikspan het ‘n tweedaagse gratis gesondheidsdienste aangebied aan inwoners van Deben. Die uitreik word by die Pako Seboko-kliniek in Mapoteng voortgesit. Die Departement moedig vroue aan om van die beskikbare dienste gebruik te maak en die inligting met familie en ander gemeenskapslede te deel. Die inisiatief is daarop gemik om toegang tot noodsaaklike gesondheidsdienste te verbeter.