Mnr. Rushphiano Cloete van Hoërskool S.A. van Wyk is as Solidariteit se Nasionale Onderwyser van die Jaar vir 2026 aangewys. Die skoolgemeenskap en SA van Wyk-familie het hul trots uitgespreek oor dié besondere prestasie. Cloete is geloof vir sy toewyding aan onderwys, leierskap en die ontwikkeling van jongmense. Hy het sy dank uitgespreek teenoor sy kollegas, leerders, ouers, familie en die breër Namakwalandse gemeenskap vir hul ondersteuning.