Die Khâi-Ma Munisipaliteit sal Pofadder se watertoevoer op 19 en 20 November daagliks vanaf 16:00 tot 07:00 onderbreek. Dit volg nadat ’n onlangse pypbreuk die munisipale reservoirs se vlakke laat daal het. Die tydelike onderbrekings sal die reservoirs kans gee om te herstel en verdere langdurige watertekorte te voorkom. Inwoners word versoek om genoeg water vir noodsaaklike gebruik te stoor en dit spaarsamig te gebruik. Die Munisipaliteit vra om verskoning vir die ongerief.