By: Bernadine Edith Hein
Date: Fri, 23 Jun 2023
Language: Afrikaans
Category: Government
Oorhandigingseremonie van die nuwe moderne veeldoelige sportsentrum deur Premier Saul bygewoon
Die premier van die Noord-Kaap, dr Zamani Saul, saam met
die LUR van Sport, Kuns en Kultuur, Me. Desery Fienies, die LUR vir Onderwys,
mnr. Zolile Monakali en die LUR vir die Departement van Jeug, Vroue, Persone
met Gestremdhede, Kommunikasie en E-bestuur, me Venus Blennies, het gister die oorhandigingseremonie van die nuwe moderne veeldoelige
sportsentrum aan Hoƫrskool William Pescod bygewoon. Die skenking is gemaak
deur die Multichoice Groep, waar die Uitvoerende Voorsitter, mnr Imtiaz Patel
ook teenwoordig was. Die Noord-Kaapse provinsiale regering is dankbaar vir die
skenking en herhaal dat dit slegs deur publiek-private vennootskappe soos
hierdie is dat ons werklik die lewens van die mense van die Noord-Kaap kan
verbeter.
Related News