Ondersteuners van John Block, voormalige ANC-provinsiale voorsitter, glo dat politieke magte 'n daadwerklike poging aanwend om hom ten alle koste agter tralies te hou. Hulle het aangedui dat Block in sy vrygewigheid toerusting vir gevangenes verskaf het soos sokkerballe, gimnasiumtoerusting en uitrustings vir die sokkerspanne en ook programme aanbied om gevangenes op te hef. 'n Optog wat 19 Junie plaas gevind het vanaf die Upington 26-monument na die Upington-gevangenis, waarin gevra is dat die mees onlangse bedrogklagtes teen hom, wat verband hou met die Kimberley-geesteshospitaal, onmiddellik van die hand gewys moet word.