Die NCM het die afgelope Saterdag nog 'n suksesvolle tak gestig in Wyk 8, wat bestaan uit Buffelsrivier, Kommagas en Kleinzee. By die geleentheid was nuwe lede ook verwelkom. Die leierskap van die NCM het gister hul tevredenheid uitgespreek met die groei en suksesvolle takstigtings in die Nama Khoi munisipale area wat besig is om plaas te vind. Dit is 'n duidelike teken dat die NCM politieke wind sterk waai, en dat mense wat dieselfde waardes en ideale deel nou die hand begin uitreik na mekaar.