By: Bernadine Edith HeinDate: Tue, 27 Jun 2023Language: AfrikaansCategory: Other
Steinkopf 23 gaan vandag voor die hof verskyn
Die Steinkopf 23 het gister voor die hof verskyn
en dit gaan in verband met die uitsetting van die Nigerieërs in 2013 as gevolg
van die beweerde verkopery van dwelms. Die saak gaan vandag voortgaan in die hof. Sewe van die verhoor afwagtendes tussen die ouderdomme van 50 en 80 jaar was gister gearresteer omdat hulle nie betyds by die hof opgedaag het nie. Die senior burgers
is op chroniese medikasie onder andere bloeddruk, diabetes en epileptiese pille. Een van die dames het ‘n hart operasie gehad en was baie emosioneel. Rede vir hul
laat kom was omdat hulle moet ryloop tot by die hof op Springbok.