Die Steinkopf 23 het gister voor die hof verskyn en dit gaan in verband met die uitsetting van die Nigerieërs in 2013 as gevolg van die beweerde verkopery van dwelms. Die saak gaan vandag voortgaan in die hof. Sewe van die verhoor afwagtendes tussen die ouderdomme van 50 en 80 jaar was gister gearresteer omdat hulle nie betyds by die hof opgedaag het nie. Die senior burgers is op chroniese medikasie onder andere bloeddruk, diabetes en epileptiese pille. Een van die dames het ‘n hart operasie gehad en was baie emosioneel. Rede vir hul laat kom was omdat hulle moet ryloop tot by die hof op Springbok.