Die Steinkopf 23 het vanoggend op die Springbok in die hof verskyn en dit gaan in verband met die uitsetting van die Nigerieërs in 2015 as gevolg van die beweerde verkopery van dwelms. ‘n Waarskuwing was uitgereik dat hulle 08:30 moet voorgekom het vanoggend, maar was ongelukkig laat as gevolg van ‘n ongeluk wat op die Steinkopf pad plaas gevind het. Sewe van die verhoor afwagtendes tussen die ouderdomme van 50 en 80 jaar moet nog in aanhouding bly, omdat die saak weereens uitgestel is tot môre. Twee van die sewe het hul bewussyn verloor nadat hulle verneem het dat hul in aanhouding gaan bly. Hulle sal wel oorgeplaas na Steinkopf SAPD. Dit was weereens ‘n emosionele oomblik wat die die 78 jarige tannie Lena agter tralies vanaand weer moet slaap.