By: Bernadine Edith Hein
Date: Thu, 29 Jun 2023
Language: Afrikaans
Category: Sport
NFM groet twee formidabele Braaivleisstories en Kookskerm storievertellers
Die NFM familie en die Namakwalandse gemeenskap, het in een week twee spesiale persone aan die dood afgestaan. Hulle was vir jare deel van Radio NFM se gewilde Braaivleisstories en Kookskerm
programme, waar hulle die luisteraar vermaak het met hulle grappe. Die heengaan van Oom Daantjie Hoffman - wat vir meer as 13-jaar deel was van die storievertellers-span - en ook Desmond Cloete was 'n skok vir NFM. Kaptein Raymond Vollmer het vroeer vertel dat die Braaivleisstories program alreeds in 2005 opslae gemaak het, met vertellers soos Oom Toekie en nou die wyle Oom Daantjie, Oom Arrie Beukes en Oom Ysterman. Radio NFM wil die pragtige herinneringe koester en sal die skreeusnaakse en soms stout stories wat die twee nagelaat het altyd onthou. Mag hul families vertroosting vind in hierdie moeilike tyd.
Related News