By: Bernadine Edith HeinDate: Fri, 30 Jun 2023Language: AfrikaansCategory: Other
N7 sluit weens swaar reën
Die N7
seksie 8, ongeveer 10 km voor Vioolsdrift is gesluit weens vloede. Dit is
volgens die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap. Die provinsie ervaar tans
erge oorstromings en padsluitings is reeds in plek. Die padagentskap se Randall
Cable sê alternatiewe roetes word waar moontlik beskikbaar gestel. Cable doen
‘n beroep op padgebruikers om by die reëls van die pad te hou.