By: Bernadine Edith HeinDate: Fri, 30 Jun 2023Language: AfrikaansCategory: Accident
De Beers Namakwaland Mynbestuur help met alternatiewe roete
De Beers Namakwaland Mynbestuur het 'n besluit geneem om mense met 'n
alternatiewe roete na Port Nolloth via die myn te akkommodeer as gevolg van die
sluiting van die brug by Grootmist. “Voertuie was vanaf gister deur die myn
begelei. Vandag, sal begeleiders op 'n 2x-uurlikse basis beskikbaar wees vanaf
08H00 tot 16H00,” het William Macdonald van die myn gesê.