By: Bernadine Edith Hein
Date: Fri, 30 Jun 2023
Language: Afrikaans
Category: Government
Gemeenskap daagliks infrastruktuur beskadig in die Richtersveld munisipaliteit
Die Richtersveld munisipaliteit het agterkom dat die
gemeenskap daagliks die infrastruktuur beskadig. Krag kabels en krane by
watertenke word gesteel en dit is nie net ‘n uitgawe vir die Munisipaliteit
nie, maar ook groot skade vir die gemeenskap. Die munisiplaiteit vra dat indien
enige iemand enige iets sien, om asseblief dit te rapporteer en indien enige
iemand iets weet om met die inligting na vore te kom.
Intuusen vra die munisipaliteit dat diegene wat
die Grasvlakte pad na Eksteenfontein wil gebruik kennis moet neem, dat as
gevolg van die swaar reën is die pad gesluit. Die departement van Openbare
werke was gekontak, waarvan hulle die pad so gou as moontlik sal skrap. Motoriste
moet versigtig wees indien hulle reis na enige ander dorp in die Richtersveld.
Related News