By: Bernadine Edith Hein
Date: Fri, 07 Jul 2023
Language: Afrikaans
Category: Government
Munisipaliteit werk onvermoeid om Namakwalandse vloedskade te herstel
Die Nama-Khoi-munisipaliteit in die Namakwa-distrik werk onvermoeid om die skade, wat deur die onlangse vloede en swaar reën in die gebied aangerig is, te herstel.Verlede week se verwoestende vloed wat deur die Buffelsrivier, Skaaprivier en ander riviere in die gebied veroorsaak is, het infrastruktuur vernietig, verskeie gemeenskappe van provinsiale paaie afgesny en tot die tragiese verlies van vier lewens gelei. Een persoon word ongelukkig steeds vermis.Terwyl hoofsaaklik provinsiale en SANRAL-paaie deur die vloede geraak is, word die munisipaliteit se gradeerder gebruik om grondpaaie in Komaggas, Kleinsee en ander omliggende dorpe gelyk te maak om paaie toeganklik te maak.Ons verwelkom die besluit van die Namakwa-distriksmunisipaliteit om dit as 'n rampgebied te verklaar en moedig die plaaslike en provinsiale regering aan om vinnig op te tree om enige verdere skade en lewensverlies te vermy.Ons kan nie dieselfde omvangryke skade bekostig wat deur die laaste vloed in die John Taolo Gaetsewe-distrik in 2021 aangerig is nie. Ons doen dus 'n beroep op die provinsiale regering om vinnig op te tree om die Namakwalandse gemeenskap by te staan.Hierdie kwessie sal na ons provinsiale woordvoerder vir Paaie en Openbare Werke verwys word om vas te stel wanneer laas hierdie paaie opgegradeer is, of hierdie paaie deel vorm van die departement se agterstand van 42,5 km gruis- tot geplaveide paaie en hoeveel nodig is om die skade te herstel wat veroorsaak is deur die vloede.Ons sal voortgaan om te werk om dienslewering in die gebied te laat herstel sodat die mense in die Namakwa-distrik so gou moontlik na normale lewe kan terugkeer.Medianavrae:Rodney Kritzinger, rdlSpeaker van Nama-Khoi-munisipaliteit072 588 9566
Related News