Operasie Shanela, die hoëdigtheid-operasie met geïntegreerde magte se visier fokus op misdaadgeteisterde gebiede in die Noord-Kaap. Die multi-dissiplinêre operasies het op 29 Junie 2023 begin en op 02 Julie 2023 geeïndeig. Dit het gehandel oor die vermindering van geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord, eiendomsverwante misdade, kontak- en geweldsmisdade, die verspreiding van onwettige vuurwapens, veediefstal, dwelmhandel, onwettige alkoholverkope, voldoeningsinspeksies aan tweedehandse goederehandelaars en skrootwerwe en die opsporing van gesoekte verdagtes in alle brandpuntgebiede het gelei tot die aankeer en arrestasie van 121 oortreders vir verskeie oortredings. Talle operasionele suksesse is in al vyf distrikte behaal, naamlik die Pixley Ka Seme, Frances Baard, John Taolo Gaetsewe, ZF Mgcawu en Namakwa. Verdagtes is in hegtenis geneem vir moord, poging tot moord, verkragting, roof, aanranding, huisbraak, diefstal, handel en besit van dwelms en 11 ongedokumenteerde immigrante is aangehou.