Die Noord-Kaapse provinsiale regering gaan voort om humanitêre hulp aan die rampgeteisterde gemeenskappe in die Namakwa-distrik te verskaf. Die provinsiale regering het met verskeie departemente en distrikte saamgewerk om die geaffekteerde gemeenskappe te help. Hulle het ook hul innige meegevoel betuig met gemeenskapslede wat familielede verloor het. Die LUR vir Vervoer, Veiligheid en Skakeling, Nomandla Bloem, sê hulle sal voortgaan om diegene wat deur die vloede geraak is, by te staan.