By: Bernadine Edith Hein
Date: Thu, 13 Jul 2023
Language: Afrikaans
Category: Government
Saul het die Provinsiale VIGS Raad byeengeroep en gelei
Die
premier van die Noord-Kaap, dr Zamani Saul, het gister die Provinsiale Raad van
VIGS (PCA) byeengeroep en gelei. Die PCA-vergadering is bygewoon
deur Lede van die Uitvoerende Raad, Senior Bestuur van Provinsiale Regering,
Uitvoerende Burgemeesters van die Distriksmunisipaliteite, Plaaslike
Munisipaliteit-burgemeesters, asook ander PCA-belanghebbendes. Die
hoofdoelwit van die vergadering was om die vordering te bespreek wat die Provinsie
maak in die stryd teen MIV & VIGS, TB en seksueel oordraagbare infeksies
(SOI's), asook om die sleutelprioriteite waarop gefokus moet word op 'n
kollektiewe en geïntegreerde wyse uiteen te sit.
Related News