Op Maandag is die pyp beskadig op Port Nolloth, wat veroorsaak het dat die toevoer van water vanaf die reservoirs toegedraai was. Die pyp moes eers leegloop om die area werkbaar te maak het die Richtersveld munisipaliteit gesĂȘ. Die pyp kon eers Dinsdag herstel word en 8 Myl reservoir is Dinsdag aand heeltyd oopgelos. Dit kon egter nie gisteraand oopgelos word nie omdat die vlak te laag was. Intussen moes die stopkraan vanaf Muisvlak ook vervang word, nadat die munisipaliteit die kraan vervang en oopgemaak het, het dit baie gelek en was hul verplig om gisteraand water vanaf Muisvlak weer toe maak. Op die stadium is dit dus net water vanaf 8 Myl wat die gemeenskap bedien. Inwoners moes die elektriese span die krag af sit weens die kabels wat gesteel was en is tans besig om dit te vervang. Die areas in die dorp wat hierdeur geraak word is; Hickson Baracks, Rainbow City, Silver City en Single City. Die gemeenskappe van die areas word gevra om geduldig te wees in hierdie verband.