By: Bernadine Edith HeinDate: Thu, 20 Jul 2023Language: AfrikaansCategory: Government
Nuwe interpretasiesentrum vir Khomani-San in die Noord-Kaap is belangrig vir geskiedenis en toekoms
ʼn Nuwe
interpretasiesentrum is in die Kalahari geopen wat die geskiedenis en erfenis van
die Khomani-San gemeenskap in die Noord-Kaap uitbeeld.Die Khomani-San is vol
vertroue dat die sentrum sal bydra tot die onwikkeling van die gemeenskap. Die
sentrum is amptelik deur die minister van Toerisme, Patricia de Lill, geopen. Een
van die gemeenskapslede van die Khomani-San, Jan Pietersen, het gesê sentrums
soos hierdie kweek belangstelling in die gemeenskap se herkoms en toekoms.