Amptenare van die Namaqua-distrikskantoor het op Mandeladag die bedroefde familie van wyle Jowin Nero besoek wat tydens die Namaqua-vloede sy lewe verloor het. 'n Boodskap van meegevoel is deur een van die personeellede, Vicky Nero, oorgedra en 'n ruiker en koopbewys is aan die familie oorhandig. Daarna is 'n biduur by die woning van Riaan Cloete gehou en 'n koopbewys is aan die familie oorhandig. In Port Nolloth het die Namaqua-amptenare 'n oprit by die huis gebou vir die 16-jarige Mondrico Cloete, wat gestremd is.