By: Bernadine Edith Hein
Date: Tue, 25 Jul 2023
Language: Afrikaans
Category: Government
Eskom begin met mikronetwerkprojek in Noord-Kaap
KRAG-nutsmaatskappy
Eskom het op 21 Julie een van sy eerste mikronetwerke by Swartkopdam, sowat 150
km vanaf Upington in die Noord-Kaap, bekend gestel. Hierdie ontwikkeling is
deel van 'n breër inisiatief wat daarop gemik is om universele
elektrisiteitstoegang regoor Suid-Afrika te bewerkstellig. "Microgrids bied 'n effektiewe, betroubare en maklik implementeerbare oplossing vir die elektrifisering van geografies uitdagende gebiede. Hulle is ideaal vir plekke wat moeilik toeganklik is of aansienlike kapitaalbesteding vereis,” het Monde Bala, Eskom se groepbestuurder vir verspreiding, gesê. “Die mikronetwerktegnologie by Swartkopdam sal elektrisiteit verskaf aan 39 huishoudings wat voor hierdie projek nie toegang tot elektrisiteit gehad het nie.”
Related News