By: Bernadine Edith Hein
Date: Tue, 25 Jul 2023
Language: Afrikaans
Category: Government
Gift of the Givers besoek Richtersveld
Gift of the Givers in samewerking met Namakwa Distrik
Munisipaliteit en Sport, Kuns en Kultuur het gister Kuboes besoek en die hele
gemeenskap van ‘n geskenk voorsien. Die geskenk was om voedselhulp aan die
gemeenskap van Sandrift te verskaf. Kuboes het 230 pakkies en Sandrift 240
pakkies ontvang wat moontlik gemaak was deur die drie rolspelers. Die
gemeenskappe in die Richtersveld is ewig dankbaar en bewys altyd hul dankbaarheid
en liefde met nama sang. Die Plaaslike Wyksraadslid Marlene Lientjie Fredericks
het die, skenking van Gift of the Givers, Absa en die Departement van Sport,
Kuns en Kultuur verwelkom.
Related News