By: Bernadine Edith Hein
Date: Wed, 26 Jul 2023
Language: Afrikaans
Category: Other
Suid-Afrikaanse Nasionale Parke kondig 'n eenmalige 4x4-blom en staproete aan
Suid-Afrikaanse Nasionale Parke en meer spesifiek die Droë
Streek kondig met plesier aan dat 'n eenmalige 4x4-blomroete sowel as staproete
by |Ai-|Ais/Richtersveld Oorgrenspark geopen is. Hierdie roete sal jou deur die
pragtige blomme langs die Armanshoek kronkel op 'n 32 sirkelroete wat 'n
besoeker ongeveer drie tot vier uur sal neem om dit te ervaar.Die Armanshoek is nie 'n normale toeristeroete nie maar is spesiaal vir drie weke vir die publiek oopgestel om te deel in die vreugde van 'n normale bergagtige halfwoestyn wat in 'n blommeparadys omskep is. Mnr Lucius Moolman, die Streekshoofbestuurder van die Droë Streek nooi almal uit met die volgende woorde: “Die Richtersveld staan nie gewoonlik bekend as die blommeparadys nie maar met die onlangse meer as 200mm reën wat ons gekry het, is dit net regverdig om hierdie oop te maak, gedeelte van die Park aan die publiek.”
Related News