By: Bernadine Edith HeinDate: Wed, 26 Jul 2023Language: AfrikaansCategory: Community
Noodlottige ongeluk op N7 plaas gevind
Omstreeks 19:00 gisteraand was daar 'n ongeluk op die N7
langs Kamp 5 beter bekend as die Kas in Okiep. Volgens Terence Engelbrecht sê hy
dat hy met 'n perd gebots het wat die voertuig erg beskadig het en insittendes
het ligte beserings opgedoen. Die pa pleit by die gemeenskapslede en eienaars
van perde of donkies om asseblief hul diere na-ure toegesluit te hou om sulke
voorvalle of noodlottige ongelukke in die toekoms te voorkom.