By: Bernadine Edith Hein
Date: Thu, 27 Jul 2023
Language: Afrikaans
Category: Community
Vedanta Zinc International daartoe verbind om hul gemeenskappe te transformeer
By Vedanta
Zinc International is die
myn maatskappy daartoe verbind om hul gemeenskappe te transformeer. Die viering
van Mandela-maand het ten doel om te dien as 'n wêreldwye oproep tot aksie vir mense
om hul individuele krag te erken om 'n afdruk te maak en te help om die wêreld ten
goede te verander.
Hulle is ongelooflik trots op die diepgaande impak wat Black Mountain Complex Besigheids Vennote hierdie Mandela-maand in die gemeenskappe gemaak het deur verskeie gemeenskapsondersteuningsinisiatiewe. Vedanta Zinc International prys hulle vir hul onwrikbare toewyding aan die Gees van Ubuntu!Met die viering van Mandela-dag het die Black Mountain Kompleks CSR-afdeling en twee vrywilligers van hul sakevennoot, BME, die “67 minute” spandeer om die Witbank en Onseepkans (Viljoensdraai) gemeenskappe hierdie winter in warmte toe te draai. Hulle het deur deur-tot-deur kombers skenkings geodn en die teiken groep was bejaardes op die dorpe. Die skenkings is goed ontvang deur die gemeenskapslede toe hulle hul dankbaarheid uitgespreek het. Black Mountain Kompleks bedank al hul sakevennote en kollegas wat hul bydraes tot die myn maatskappy se Mandela-maand-veldtog gemaak het.
Related News