Die Namakwa Distrik Munisipaliteit het op Sondag, 07 Augustus 2022 begin met hul amptelike Vrouedag- /maand -vieringe.
Leiers by die Namakwa Distrik Munisipaliteit vier hul projekte onder die tema: “Generasiegelykheid: Verwesenliking van Vroueregte vir ‘n Gelyke Toekoms”.
As deel van die herdenking van Vrouedag, het die Munisipaliteit verskeie programme op Nababeep aangebied.
Op Sondag het hulle afgeskop met ‘n geestelike program, gelei deur Kapelaan Baard, en op Maandag, 08 Augustus het die vroue hul besig gehou met ‘n vaardigheidskapasiteitbouprogram.
Maandagaand het die Munisipaliteit vroue vernmaak tydens ‘n gala-dinee, onder die tema: “Women behind the mask”
Die amptelike Vrouedag vieringe vind vandag, 09 Augustus op Nababeep plaas.
Die munisipaliteit het min of meer 150-vroue betrek by die programme vanaf 07-08 Augustus.
Hul hoofdoel is om die geestelike kapasiteit van vroue te versterk, en om waardes en beginsels te kweek om ‘n gesonde omgewing te verseker.