Luitenant-generaal Koliswa Constance Otola, aangestel as die Noord-Kaapse provinsiale kommisaris

 Luitenant-generaal Koliswa Constance Otola, aangestel as die Noord-Kaapse provinsiale kommisaris

https://en.wikipedia.org/wiki/South_African_Police_Service

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die Noord-Kaap is verheug om aan te kondig dat luitenant-generaal Koliswa Constance Otola as die nuwe Provinsiale Kommissaris in die provinsie aangestel is.

Die amptelike aanstelling het gister plaasgevind by die SAPD Tshwane Akademie in Pretoria.

Hierdie aanstelling kom tydens Vrouemaand en in haar aanvaardingstoespraak het luitenant- generaal Otola die Minister, die Premier en die Nasionale Kommissaris bedank, vir die vertroue wat hulle in haar gestel het in die leiding van die provinsie.

“Sy het aangedui dat geslagsgebaseerde geweld, onwettige mynbou en diefstal van koperkabels ‘n prioriteit in die provinsie is. Dit sal kollektiewe en gesamentlike pogings van die regering, kerke, besighede en die gemeenskap verg om hierdie misdade aan te spreek en hok te slaan,” het Kolonel Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder gesê.

Die Minister van Polisie, Generaal Bheki Cele, die Premier van die Noord-Kaap, Dr Zamani Saul, die Nasionale Kommissaris, Generaal Fanie Masemola was teenwoordig tydens die aankondiging van luitenant-generaal Otola se aanstelling, bykomend tot die bekendstelling van die eerste adjunk- nasionale kommissaris wat verantwoordelik is vir Polisiëring, luitenant-generaal Tebello Mosikili en die nuwe afdelingskommissaris vir voorsieningskettingbestuur, mnr Molefe Fani.

Bernadine Hearn

Related post