Jongmense van regoor Richtersveld het Saterdag deel gehad aan ‘n Jeugdag Program in die Alexanderbaai Sentrum. Verwelkoming was deur die Raadslid Funeka Mabala gedoen. Twee studente van die Narysac Landelike Gemeenskap Projek het die jeug vertel van hul, leersame ervarings opleiding in Johannesburg. Hulle het vroeg opgestaan, was deuglik opgelei rakende dissipline, geduld, spanwerk, en stiptelikheid. Die Burgermeester Cornell Knoph het in sy toespraak met die jeug,  ter voorbereiding vir menigte projekte wat die Munisipaliteit eerdaags gaan tref, gesels. “Ons het nog tyd om ons gereed te kry, kom ons kies Wiskunde as ‘n vak, ons nodig dit om kan verder studeer in verskeie rigtings, ons nodig jeug in besigheid wat kan voldoen aan die Voorsienings Dienste as ‘n tender vandag geplaas word. Kan ons hard werk aan ons self en moeite doen om deel wees van geleentehede,” het Knoph gesê.