Operasie Shanela, bly onwrikbaar in die stabilisering van misdaad in die Noord-Kaap. Die multi-dissiplinêre hoëdigtheid-operasie wat vanaf Donderdag, 27 Julie 2023 tot Sondag, 30 Julie 2023 begin het, met die klem op die vermindering van kontak- en geweldsmisdade en eiendomsverwante misdade in brandpuntgebiede. “Negentien (19) voertuigkontrolepunte en elf (11) padblokkades is regoor die provinsie uitgevoer waartydens 2049 voertuie en 4700 persone voorgekeer en deursoek is. 318 voldoeningsinspeksies is by tweedehandse handelaars, drankpersele, formele en informele besighede sowel as plase uitgevoer,” het Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Sersant Timothy Sam gesê.  184 Gesoekte verdagtes is soos volg deur speurspanne in al vyf distrikte opgespoor en gearresteer:60 in Frances Baard, 24 in John Taolo Gaetsewe, 27 in Pixley Ka Seme, 44 in ZF Mgcawu en 29 in Namakwa-distrik.