By: Bernadine Edith Hein
Date: Mon, 31 Jul 2023
Language: Afrikaans
Category: Other
Infrastruktuurprojek help om Noord- Kaap skool te transformeer
'n Gemeenskaps-ondersteuningsprojek wat daarop gemik is om
die infrastruktuur en algehele leeromgewing by Laerskool Carolusberg in
Springbok te verbeter, is suksesvol voltooi danksy befondsing van Kangnas
Windplaas. Die projek, wat in 2022 begin het, het belangrike
instandhoudingswerk en infrastruktuuropgraderings ingesluit om gesondheid en
veiligheid binne die skoolperseel te bevorder. Die eerste fase van die projek
het 'n omvattende opknapping van die skoolgebou ingesluit, insluitend die verf
van die perseel, die vervanging van fassiebord en die installering van
diefwering vir die veiligheid en sekuriteit van die skoolgemeenskap. Die tweede
fase het gefokus op die uitbreiding van die skoolkombuis en die installering
van 'n watertenk en pype om 'n betroubare watertoevoer na die toilette te verseker,
veral tydens wateronderbrekings.
Related News