By: Bernadine Edith Hein
Date: Thu, 03 Aug 2023
Language: Afrikaans
Category: Crime
Voormalige Noord-Kaapse LUR vir Openbare Werke is borgtog toegestaan
Die voormalige LUR van
Vervoer, Paaie en Openbare Werke in die Noord-Kaap, John Block, het gister in
die Kimberley-distrikshof verskyn waar hy amptelik om borgtog aansoek gedoen
het. Block is in 2015 tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir bedrog, korrupsie en
geldwassery. Die 55-jarige het in sy hoedanigheid as politieke hoof in 2003 op
ʼn bedrieglike wyse ‘n tender van 51 miljoen rand vir ‘n hospitaalbouprojek aan
Babereki Consulting Engineers toegeken. Die hof het borgtog van 50 duisend rand
aan hom toegestaan, maar hy is in aanhouding aangesien hy tans sy tronkstraf by
die Upington Korrektiewe Dienste uitdien. Die woordvoerder van die Nasionale
Vervolgingsgesag, Mojalefa Senokoatsane, sê Block sal na verwagting weer op 10
Augustus virtueel in dieselfde hof verskyn.
Related News