Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n hoë brandgevaarwaarskuwing vir die Noord-Kaap en die Wes-Kaap vir vandag uitgereik. Die weerdiens sê uiters hoë brandtoestande word vir die noordelike, sentrale en suidelike dele van die Noord-Kaap verwag. Die toestande word ook in die Sentraal- en Klein-Karoo in die Wes-Kaap verwag. Sterk winde word ook vandag in dele van die Wes-Kaap verwag.