By: Bernadine Edith HeinDate: Tue, 08 Aug 2023Language: AfrikaansCategory: Other
Provinsiale Vrouedag viering vind op Port Nolloth plaas
Die Departement van Sport, Kuns en Kultuur, Noord-Kaapse
provinsiale regering, die kantoor van die premier en alle ander departemente
insluitend die Namakwa-distriksmunisipaliteit en Richtersveld plaaslike
munisipaliteit is volstoom aan die gang en is gereed met die laaste fases van die
aktiwiteite van die provinsiale vrouedaggeleentheid.
Dit gaan môre plaasvind in Port Nolloth. Ongeveer 2000
mense sal hierdie geleentheid van oor die hele Namakwaland bywoon. Tweehonderd
vroue in besigheid sal klein koopbewyse ontvang in terme van hul besigheid om
vroue in besighede te ondersteun. Die hoofspreker vir hierdie geleentheid is
die premier van die Noord-Kaap, dr. Zamani Saul.