By: Bernadine Edith HeinDate: Tue, 08 Aug 2023Language: AfrikaansCategory: Government
Fienies se visie is om vroue in totaliteit te ontwikkel
Met die viering van Vrouemaand vier die Noord-Kaapse
Provinsiale Regering vroue wat groot vordering maak om te verseker dat hul
sosio-ekonomiese geleenthede vir die bemagtiging van vroue versnel.
Die 'Vrou van die
Dag' Me Desery Fienies, LUR van Sport Kuns en Kultuur van die Noord-Kaap, is
die vrou wat volgende gevier word. Sy streef voortdurend daarna om jong vroue te
bemagtig aangesien sy glo dat hulle hulself moet bevry, opstaan en hul
regmatige plek in die samelewing moet inneem, veral in die kreatiewe en
kulturele industrieƫ sowel as in sport. Haar visie is om vroue in totaliteit te
ontwikkel.